" 'n Ordinary Mens " deur PETER SNYDERS [boodskap #74603] |
Ma, 17 Maart 2003 20:39 |
|
Oorspronklik gepos deur: @rogers.com
Peter Snyders
'n Ordinary mens
In Athlone is ek 'n ordinary mens;
dis maar nou en dan
wat 'n hoekhouer skrie:
"Hêt, ou whitey!"
Maar daai maakie saakie
kôs hulle wiet ek is 'n ordinary mens.
Dis wanner ek trein of taxi moet ry
wat ek al die problems kry:
"Sorry, sir, the coach for whites
is just behind this one."
Now I ask you,
djy widtie iens geallow
om met jou eie mense te sittie -
wat nog van jou non-black vrinne?
Maarie tyd vannie riots
wassie blok daem benoud,
want amil is net colour-crazy;
dit kos my "Black Power!"
kliphad skrie
en 'n handvol wit vuise feverish wave.
Hulle trep my in Belgravia Road
en vra: "Wat issie pass word!"
"All Blacks!" skrie ek vannie skrik,
maar wiet hoe dônner hulle my!
|
|
|